'n Deursigtige, Naspeurbare Oplossing...

Vir Produsente, Voerkrale en Eindverbruikers

Laat WeBuyLamb jou help!

Huidige probleme wat opgelos MOET word:

  • Boere kan nie oorleef met huidige stoorlam pryse
  • Voerkrale kan nie oorleef met lammers wat nie groei en/of vrek
  • Die koste van voer in verhouding tot huidige slagpryse maak die winsgewende afrond van lammers onmoontlik

Ons glo daar is slegs een oplossing wat die boer se situasie kan verander:

Verhef jou produk vanaf 'n standaard kommoditeit na 'n premie produk, gereed vir voerkrale, uitvoere en premie eindverbruikersmark.

SOLANK AS WAT DIE BOER SE LAM SLEGS 'N KOMMODITEIT IS GAAN HY HEEL AGTER IN DIE RY STAAN IN TERME VAN OPBRENGS!

As die kans groot is dat jou lamproduk as 'n "special" in slaghuise beland, is daar min hoop vir verbetering. Met die afname van die middelklas in Suid-Afrika, sal die vraag na “kommoditeit lam” afneem, wat toenemende druk op boere gaan plaas.

Daar is net 3 areas van hoop:
  • Raak deel van 'n produksielyn van lammers wat 'n voerkraal se winsgewendheid gaan bevorder
  • Raak deel van 'n produksielyn van lammers waarvan die protokol aanvaarbaar is vir uitvoer
  • Raak deel van 'n produksielyn van lammers waarvan die protokol ‘n drastiese verskil maak aan die eindverbruiker se persepsie van smaak, sappigheid en sagtheid.

BOGENOEMDE KAN SLEGS REGGEKRY WORD DEUR MIDDEL VAN SPANWERK. As ons nie glo in self determinasie en nie bereid is om saam laer te trek gaan ons die stryd verloor.

WeBuyLamb het die oplossing!

WeBuyLamb™ is bereid om hierdie “span poging” te fasiliteer en te koördineer. Ons maak dus 'n 1% aandeel beskikbaar aan 49 skaapboere wat besef dat die skip se rigting moet verander. Elke aandeel is gratis en vereis slegs die boer se ondersteuning van die groep.


Hoekom 'n aandeel?

Dit gee vir jou deels seggenskap oor die toekoms. Die 49 boere wat die groep ondersteun neem deel in alle besluite wat deur die groep geneem word en deel ook in enige uitvoer asook eindverbruikers winste. Dit is waar die “self determinasie” inkom.

Ander rolspelers?
  • Ramsem is die verkose genetika en reproduksie dienste verskaffer om te help om die totale groep se produksie te syncroniseer via laparoskopie. Laparoskopie is opsioneel maar word sterk aanbeveel indien homogeniese uitvoer lammers geproduseer wil word.
  • LANDRANI® Investments is bereid om die laparoskopie koste te finansier wat die boer instaat stel om die grootste gedeelte daarvan eers te betaal wanneer hy sy stoorlam lewer. Die koste van die finansiering sal deur IntelliFarm™ gedra word.
  • IntelliFarm™ verskaf die sagteware platform asook die hulpbronne om die totale lamproduksie van die groep te koördineer.
  • Protea Lamb Co, 'n divisie van Protea Reserve Co, fokus eksklusief op die uitvoer van premie lamprodukte. Deur die geloofwaardigheid wat hulle verkry het met hul suksesvolle Wagyu-uitvoere, het hulle toegang verkry tot 'n betroubare mark vir lamuitvoere.
  • LANDRANI® LAMB is die eindverbruikersmark vennoot, en sal dit wat hy leer oor die volgende jaar of twee deel met WeBuyLamb™ om uiteindelik oor tyd minder lammers aan voerkrale te lewer en meer aan eindverbruikers direk.
Wat is in dit vir WeBuyLamb™?

Vir die totale koördineringsdiens asook die ontwikkeling van die onderskeie markte vra WeBuyLamb™ die voerkraal, die uitvoerder of die eindverbruiker R60 per lam. WeBuyLamb™ vervang ook die agent wat beteken daar is geen agentekommissie. Die volle R60 word oorbetaal aan IntelliFarm™ vir die verskaffing van die platform om die totale proses te fasiliteer en te koördineer. Enige ander winste bly in die groep.

Hoekom WeBuyLamb™? Is hy nie net nog 'n agent?

Geensins. WeBuyLamb™, deel van IntelliFarm™ en LANDRANI® groep, is 'n tegnologie-onderneming. Ons het die WeBuyLamb™ mobiele app en BoerBot™ Whatsapp-robot ontwikkel vir beter kommunikasie tussen produsente en verskaffers. Ons boer self, en gebruik IntelliFarm™ tegnologie om samewerking in die bedryf te bevorder.

Wil ons druk op voerkrale sit om weens 'n “groter verkopersgroep” beter pryse te beding?

Absoluut nie. Ons wil hê dat voerkrale moet toustaan om die protokol lammers te koop aangesien hierdie lammers hulle gaan help om hulle som te laat klop.

Is daar 'n minimum vereiste vir deelname?

Ja. Om deel te neem, moet boere minstens 1500 Merino, Dohne Merino, Dormer, of SA Vleismerino ooie besit. Daar moet ten minste 1000 ooie jaarliks met gekose Dormer-saad gedek word. Deelnemers moet bereid wees om die nageslag via WeBuyLamb™ te bemark, tensy hulle verkies om self te koop of teen 'n beter prys te bemark.

Gaan samewerking op die WeBuyLamb™ platform 'n towerstaf wees en oornag die boer se winsgewendheid verander?

Glad nie. WeBuyLamb™ glo ons is die versekeringspolis wat kan waarborg dat die Suid Afrikaanse skaapboer se kinders of kleinkinders nog steeds met skape gaan kan boer. Indien ons as 'n groep in al ons doelwitte slaag sal die toekoms aansienlik beter lyk as wat dit tans lyk.

Pieter de Wet
Stel u belang?

Stuur epos na: info@webuylamb.com of kontak Pieter de Wet op 071 600 0819 vir enige navrae.

In association with: IntelliFarm&trade