Ons Protokol

Ons protokol is opgestel om enige ekstra arbeid te vermy sovêr moontlik, maar wel om te voldoen aan die riglyn van naspeurbaarheid soos gepubliseer deur die Europese Unie. Ons het besluit om die Europese Unie na te volg aangesien hulle vereistes en riglyne die mees gevorderde stel riglyne is waaraan voldoen kan word as dit kom by naspeurbaarheid. Dit beteken ons sal reg wees ook vir lande buite die Europese Unie.

WeBuyLamb™ se tegnologie en stelsels maak dit egter baie maklik om aan hierdie vereistes en riglyne te voldoen.

Indien mens 'n konstante vloei van lammers wil hê kan al die deelnemende boere nie in dieselfde week dek nie. Dit gaan slegs 'n storm van lammers sekere tye van die jaar lewer en ander tye kan mens nie die mark diens nie. So een van die belangrikse funksies wat WeBuyLamb™ gaan verrig gaan wees om met al die deelnemende boere te konsulteer en 'n lys van moontlike dek datums op te stel wat inpas met sy plaas se produksievermoë en seisoenale invloede. Dan gaan ons met hierdie inligting meet en pas en herkonsulteer totdat ons dit so uitgewerk kry dat ons deurlopende kan dek en dus lewer.

  • HIERDIE IS KARDINAAL AS DIE WEBUYLAMB GROEP 'N ERNSTIGE SPELER WIL WEES IN DIE LAMBEDRYF.
  • Die oomblik as jy vir jou klient sê dat jy nie kan lewer verloor jy hom. Nou verwys ek meer spesifiek na die uitvoer en eindverbruiker markte. By voerkrale is daar meer buigbaarheid. So indien ons aanvanklik stoei om deurlopende voorsiening te bewerkstellig sal ons net langer aan voerkrale voorsien totdat ons die resep gewen het.

PUNTSGEWYS IN ‘N NEUTEDOP
  1. Soos per vooraf ooreengekome datum sal laparoskie program uitgewerk word deur WeBuyLamb™ in samewerking met Ramsem.
  2. Ooie word gespons
  3. Sponse word ontrek en DMS word gespuit
  4. Ooie kry RFID plaatjie indien hulle nog nie een het. Hierdie plaatjie bly die eiendom van WeBuyLamb™ so daar is GEEN koste vir die boer BEHALWE die tang en die “male” plaatjie om die RFID plaatjie vas te heg.
  5. Ooie word laparoskopies ge-insemineer met gekose Dormer saad wat deur Ramsem verskaf word.
  6. Ramsem sal 'n RFID leesaparaat beskikbaar stel en soos ooie geinsemineer word, word hulle RFID plaatjies ook geskandeer. Aan die einde van die laparoskopie sessie sal Ramsem die data oplaai na die IntelliFarm™ “wolk” stelsel.
  7. Boer betaal veeartse se reiskoste maar kan versoek dat WeBuyLamb™ die lapa kostes namens hom/haar betaal. Ons betaal tans die ekwivalent van die totaal van die volgende uitgesluit BTW:
    • Sponse R20.50
    • DMS R34.50
    • Lapa R70.00
    Enige addisionele kostes asgevolg van die gebruik van CIDR's sal direk betaalbaar wees deur die boer aan Ramsem. WeBuyLamb™ betaal dus slegs R125.00 per deklking namens die boer. Die betaling sal verhaal word wanneer die lammers bemark en verkoop word.
  8. Boer is welkom om opvolgramme by die ooie te sit. Indien dit Dormer ramme is kan die lammers deel vorm van 'n WeBuyLamb™ bemarkingspak, maar dit kan bv. enige ander ram ook wees. Indien 'n ander ras ram gebruik word sal daai lammers nie deel van 'n WeBuyLamb™ bemarkingspakkie kan wees nie.
  9. Binne 'n maksimum van 10-weke moet die ooie geskandeer word vir dragtigheid. Alvorens hulle geskandeer word moet die boer 'n RFID leser per koerier bestel vanaf WeBuyLamb™ na naaste koöperasie. Die ooie moet gegroepeer word in groepe vir DRAGTIG of NIE-DRAGTIG en die twee groepe moet in aparte lesersessies ge-RFID skandeer word. Indien die tegnikus meerlinge kon identifiseer sal dit eerste prys wees as ooie in die groepe opgedeel word en geskandeer word as NIE-DRAGTIG, DRAGTIG 1-LING, DRAGTIG 2-LING. Die RFID leser met die data op word weer afgelaai by die koöperasie waar WeBuyLamb™ dit weer per koerier sal laat optel.
  10. Gebaseer op dragtigheidsgetalle asook liggings van kuddes kan WeBuyLamb™ nou reeds begin met bermarkingsbeplanning.
  11. Ooie lam soos wat boer se bestuurspraktyk hom/haar daartoe verleen.
  12. Kastrasie is opsioneel. Weens die vroë speen en jonk slag speel puberteit geen rol by hierdie protokol ramlam. Die klein bietjie aanvanklike testosteroon help eintlik die lam om te presteer later in die kraal. Kastrasie sit ook die lam aanvanklik bietjie terug.
  13. Lammers moet kruipvoer kry vanaf 14-dae ouderdom.
  14. Lammers moet gespeen word tussen 60- en 90-dae ouderdom.
  15. Lammers moet ge-ent word met breë spektrum enstof en verkieslik 'n booster 4- weke daarna. Entstof moet spesifiek ook vir Pasteurella, Bloednier, Rooiderm en ander Klostridiale siektes wees.
  16. Tydens speen moet lammers ontwurm word.
  17. Die insit van 'n Ralgro oor inplanting is opsioneel en hang af van die boer se bestuurspraktyk. WeBuyLamb™ kan in sekere omstandighede versoek dat dit nie ingesit word afhangende van die vereistes van potensiële markte.
  18. Lammers moet reeds op 'n hoë stysel volvoer wees ten minste 7-dae voor hulle bemark word. Die rumens moet reeds aangepas wees vir 'n voerkraal volvoer as lammers opbeweeg in die waardeketting.
  19. Die reeds gespeen en volvoer aangepaste vereistes is noodsaaklik aangesien “stress” en brand van pense ly tot 80% van voerkraal mortaliteite.

    Die beginsel is dat indien die boer meer geld verwag van die voerkrale moet die lam beter presteer in die voerkrale. Slegs hierin kan winsgewende langtermyn verhoudings gebou word.

    Selfs al bly die boer langer in die waardeketting, deur bv. uitvoere of eindverbruiker markte, is hierdie protokol van kardinale belang. Lammers voorberei in terme van hierdie protokol word almal geslag voor ouderdom 5-maande (party van hierdie kruisings word geslag op ouderdom 90-dae op 48kg lewedige gewig) wat 'n beduidende verskil maak in sy smaak, sagtheid en sappigheid, teenoor die hamel wat hom dood loop het en eers geslag raak uiteindelik op 10-12 maande ouderdom.
Pieter de Wet
Stel u belang?

Stuur epos na: info@webuylamb.com of kontak Pieter de Wet op 071 600 0819 vir enige navrae.

In association with: IntelliFarm&trade